Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 5:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Dit is baie beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en dit nie doen nie.

6. Laat nie jou mond toe om jou vlees te laat sondig nie en sê ook nie voor God dat dit ’n fout was nie dat God nie kwaad sal wees oor jou stem en die werke van jou hande sal verwoes nie,

7. want in die menigte van drome, waardelose dinge en menigte van woorde is valse aanbidding, maar jy moet God respekvol vrees.

8. As jy die onderdrukking van die arme en gewelddadige verdraaiing van regverdige oordeel sien in ’n stad, verwonder jou nie oor die saak nie, want Hy wat hoër is as die hoogste hou dit dop en Hy wat hoër is, is oor hulle.

9. Die rykdom van die aarde is vir almal; die koning self word gedien deur sy eie land te bewerk.

10. Hy wat geld liefhet, sal nie bevredig word deur geld nie en hy wat rykdom liefhet, sal dit nie behou nie. Ook dit is waardeloos.

11. As die besittings vermeerder, word hulle wat dit opeet ook meer en watter voordeel is daar vir die eienaars, behalwe om dit met sy oë te aanskou?

12. Soet is die slaap van ’n werkende man, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie.

13. Daar is ook ’n ander erge boosheid wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy eienaar gehou word tot sy eie nadeel

14. en daardie rykdom gaan verlore in ’n bose transaksie en wanneer hy ’n seun verwek, is daar niks in sy hand nie.

15. Soos hy uit sy moeder se baarmoeder uitgekom het, sal hy kaal na die aarde terugkeer om te gaan soos hy gekom het en sal niks van sy harde werk in sy hand saamdra nie

16. en ook dit is ’n erge boosheid, want net soos hy gekom het, so sal hy gaan en watter voordeel het hy wat hard gewerk het, vir wind?

Lees volledige hoofstuk Prediker 5