Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Die dwaas vou sy hande saam en ly honger.

6. Een handvol met rustigheid is beter as altwee hande vol met moeite en ergernis van gees.

7. Toe het ek omgedraai en weer waardeloosheid gesien onder die son:

8. wanneer daar maar een man is, sonder ’n tweede en hy het geen seun of broer nie, is daar geen einde aan al sy werk nie. Sy oë word ook nie bevredig deur rykdom nie en hy sê ook nie: “Vir wie werk ek en ontneem my lewe van die goeie nie?” Ook dit is waardeloos en ’n vreeslike ergernis van gees.

9. Twee is beter as een, want hulle het ’n goeie beloning vir hulle harde werk,

10. want as hulle val, sal die een sy maat optel, maar wee die een wat alleen is wanneer hy val, want daar is niemand om hom op te tel nie.

11. Meer nog, as twee bymekaar slaap, sal hulle warm kry, maar hoe kan een alleen warm wees?

12. As een te sterk is vir hom, sal twee hom weerstaan en ’n driedubbele tou word nie gou gebreek nie.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4