Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 2:2-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Van gelag het ek gesê: “Wat se plesier is daarin?” en van plesier: “Wat bereik jy?”

3. Ek het in my binneste gedink om myself oor te gee aan wyn, maar my binneste het met wysheid argumenteer. Ek het insig beetgekry totdat ek kon sien wat goed is vir die seuns van die mens, wat hulle moet doen onder die son al die dae van hulle lewe.

4. Ek het my diensknegte vermenigvuldig, ek het vir myself huise gebou, ek het wingerde vir myself geplant.

5. Ek het vir myself tuine en parke aangelê en in hulle allerhande soorte bome met vrugte geplant.

6. Ek het vir myself damme gemaak om die kwekery, wat bome produseer, nat te maak.

7. Ek het vir myself slawe en slavinne verkry en het ’n groot huishouding gehad. Ek het ook ’n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Yerushalayim was.

8. Ek het vir myself silwer en goud versamel en die besittings van konings en stede; ek het vir my sangers en sangeresse gekry en die plesiere van die seuns van die mens en ek het vir myself huisknegte en kelnerinne aangestel.

9. Ek het groot geword en my rykdom het vermeerder, meer as almal wat voor my in Yerushalayim was; my wysheid het ook by my gebly.

10. Wat ook al my oë begeer, het ek nie van hulle af weggehou nie; ek het nie my verstand, wil en emosie van enige vreugde teruggehou nie, want my verstand, wil en emosie het hom verheug in al my harde werk en hierdie was my deel van al my harde werk.

11. Toe het ek gekyk na al die werke wat my hande tot stand gebring het en al die harde werk wat ek gedoen het en let op, dit was alles waardeloos en ’n ergernis in die gees en daar was geen voordeel onder die son nie.

12. Ek het rondgekyk om na wysheid, malligheid en dwaasheid op te let, want wie is die man wat die koning kan oordeel, veral teenoor Hom wat hom gemaak het?

13. Toe het ek gesien dat die wysheid uitstyg bo die dwaasheid soos die lig uitstyg bo die duisternis.

Lees volledige hoofstuk Prediker 2