Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 2:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het in my binneste gesê: “Kom nou, ek sal jou met vreugde toets, geniet daarom die goeie dinge.” Let op, ook dit was waardeloos.

2. Van gelag het ek gesê: “Wat se plesier is daarin?” en van plesier: “Wat bereik jy?”

3. Ek het in my binneste gedink om myself oor te gee aan wyn, maar my binneste het met wysheid argumenteer. Ek het insig beetgekry totdat ek kon sien wat goed is vir die seuns van die mens, wat hulle moet doen onder die son al die dae van hulle lewe.

4. Ek het my diensknegte vermenigvuldig, ek het vir myself huise gebou, ek het wingerde vir myself geplant.

5. Ek het vir myself tuine en parke aangelê en in hulle allerhande soorte bome met vrugte geplant.

6. Ek het vir myself damme gemaak om die kwekery, wat bome produseer, nat te maak.

7. Ek het vir myself slawe en slavinne verkry en het ’n groot huishouding gehad. Ek het ook ’n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Yerushalayim was.

8. Ek het vir myself silwer en goud versamel en die besittings van konings en stede; ek het vir my sangers en sangeresse gekry en die plesiere van die seuns van die mens en ek het vir myself huisknegte en kelnerinne aangestel.

Lees volledige hoofstuk Prediker 2