Ou Testament

Nuwe Testament

`Ovadyah 1:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. O, hoe is `Esav gestroop, sy verborge skatte uitgesoek!

7. Al jou bondgenote sal jou wegstuur na die grens en die manne in vrede met jou, sal jou mislei en jou oorweldig. Hulle wat jou brood eet sal vir jou ’n hinderlaag stel, want `Esav het geen insig in hom nie!

8. Sal Ek nie op daardie dag,” verklaar יהוה, “wyse manne uit Edom en die insig vanaf die berg van `Esav, vernietig nie?

9. Dan sal jou magtige manne moedeloos wees, o Teman sodat elkeen deur slagting uitgeroei sal word op die berg van `Esav.

10. As gevolg van geweld teen jou broer Ya’akov, sal jy bedek wees met skande en jy sal vir ewig afgesny word.

11. Op die dag toe jy op ’n afstand gestaan het, op die dag toe vreemdelinge sy rykdom weggedra en buitelanders deur sy poorte ingegaan het en die lot oor Yerushalayim gewerp het, was jy ook soos een van hulle!

12. Moenie lekker kry oor die dag van jou broer, die dag van sy teëspoed en moenie jou verheug oor die seuns van Y’hudah op die dag van hulle vernietiging nie; ja, moenie spog op die dag van hulle benoudheid nie!

13. Moenie die poort van My volk ingaan op die dag van hulle ramp nie. Ja, jy, moenie lekkerkry oor hulle katastrofe op die dag van hulle ramp nie. Moenie hulle rykdom buit op die dag van hulle ramp nie!

14. Moenie op die kruispad staan om sy vlugtelinge neer te slaan nie en moenie sy oorlewendes in die tronk gooi op die dag van hulle benoudheid nie,

15. want die dag van יהוה kom nader oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal dit aan jou gedoen word. Jou handelinge sal op jou eie kop afkom,

16. want net soos julle gedrink het op My afgesonderde berg, sal al die nasies aanhoudend drink. Hulle sal drink en sluk en word asof hulle nooit bestaan het nie,

Lees volledige hoofstuk `Ovadyah 1