Ou Testament

Nuwe Testament

`Ovadyah 1:10-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. As gevolg van geweld teen jou broer Ya’akov, sal jy bedek wees met skande en jy sal vir ewig afgesny word.

11. Op die dag toe jy op ’n afstand gestaan het, op die dag toe vreemdelinge sy rykdom weggedra en buitelanders deur sy poorte ingegaan het en die lot oor Yerushalayim gewerp het, was jy ook soos een van hulle!

12. Moenie lekker kry oor die dag van jou broer, die dag van sy teëspoed en moenie jou verheug oor die seuns van Y’hudah op die dag van hulle vernietiging nie; ja, moenie spog op die dag van hulle benoudheid nie!

13. Moenie die poort van My volk ingaan op die dag van hulle ramp nie. Ja, jy, moenie lekkerkry oor hulle katastrofe op die dag van hulle ramp nie. Moenie hulle rykdom buit op die dag van hulle ramp nie!

14. Moenie op die kruispad staan om sy vlugtelinge neer te slaan nie en moenie sy oorlewendes in die tronk gooi op die dag van hulle benoudheid nie,

15. want die dag van יהוה kom nader oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal dit aan jou gedoen word. Jou handelinge sal op jou eie kop afkom,

16. want net soos julle gedrink het op My afgesonderde berg, sal al die nasies aanhoudend drink. Hulle sal drink en sluk en word asof hulle nooit bestaan het nie,

17. maar op die berg Tziyon sal dié wees wat ontsnap en dit sal afgesonderd wees en die huis van Ya’akov sal diegene besit wat hulle besit het,

18. dan sal die huis van Ya’akov ’n vuur wees en die huis van Yosef ’n vlam, maar die huis van `Esav soos stoppels en hulle sal hul aan die brand steek en hulle verteer sodat daar geen oorlewende van die huis van `Esav sal wees nie,” want יהוה het gepraat,

19. dan sal dié van die Suidland (Negev) die berg van `Esav besit en dié van die Laeveld (Sh’felah) die land van die F’lishtyne; asook die gebied van Efrayim en die gebied van Shomron en Binyamin sal Gil’ad besit.

20. Die ballinge van hierdie leërmag van die seuns van Yisra’el, wat tussen die Kena’aniete is, so ver as tot by Tzarfat en die ballinge van Yerushalayim wat in S’farad (Spanje) is, sal die stede van die Suidland besit.

21. Die wat bevry is sal opgaan met die berg Tziyon om die berg van `Esav te oordeel en die Koninkryk sal aan יהוה behoort.

Lees volledige hoofstuk `Ovadyah 1