Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 9:9-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

10. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘As iemand van julle of van julle nageslag deur ’n lyk onrein word of op ’n ver reis is, mag hy steeds die Pesag tot יהוה hou.

11. In die tweede maand, op die veertiende dag, tussen die twee sonsondergange, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet.2 Kro 30:2

12. Hulle mag niks daarvan laat oorbly tot die oggend toe of ’n been daaraan breek nie; volgens die hele instelling van die Pesag moet hulle dit hou,Yog 19:33,36

13. maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die Pesag te hou, dié persoon moet van sy volksgenote afgesny word, want hy het die offer van יהוה nie op die bepaalde tyd gebring nie. Dié man sal sy sonde dra.

14. As ’n besoeker by julle bly en die Pesag tot יהוה wil hou, moet hy dit hou volgens die reëls van die Pesag en volgens die bepalings daarvan. Julle sal een reël hê vir die besoeker, sowel as vir die kind van die land.”

15. Op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel, die tent van die Getuienis, oordek en vanaf die aand tot die oggend toe was dit oor die tabernakel soos ’n verskynsel van vuur.

16. So was dit altyd: die wolk het dit bedags oordek en snags ’n verskynsel van vuur.

17. Wanneer die wolk van bo die tent af opgelig word, het die seuns van Yisra’el weggetrek en op die plek waar die wolk stilstaan, daar het die seuns van Yisra’el kamp opgeslaan.

18. Deur die opdrag van יהוה het die seuns van Yisra’el weggetrek en deur die opdrag van יהוה kamp opgeslaan; vir soveel dae as die wolk oor die tabernakel gebly het, het hulle gekamp.

19. Selfs wanneer die wolk vir baie dae oor die tabernakel bly, het die seuns van Yisra’el die leiding van יהוה waargeneem en nie weggetrek nie.

Lees volledige hoofstuk Numeri 9