Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 8:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met Aharon en sê vir hom: ‘As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die lampstaander lig gee.’”

3. Aharon het so gedoen: hy het die lampe opgestel om na die voorkant van die lampstaander te wys, soos יהוה Moshe beveel het.

4. Die vakmanskap van die lampstaander was geslaande goud; van sy voetstuk tot sy blomme was geslaan; volgens die bloudrukplan wat יהוה vir Moshe gewys het, so het hy die lampstaander gemaak.

5. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

6. “Vat die Leviete onder die seuns van Yisra’el uit en reinig hulle.

7. So moet jy met hulle doen om hulle te reinig: sprinkel reinigingswater op hulle en hulle moet ’n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulle sal daardeur rein wees.

8. Laat hulle ’n jong bul vat saam met die graanoffer van fyn meel met olie gemeng wat daarby hoort; jy moet ook ’n ander jong bul as sondoffer vat.

9. Jy moet die Leviete voor die Tent van Ontmoeting aanbied en die hele vergadering van die seuns van Yisra’el bymekaarmaak.

10. Jy moet die Leviete voor die Teenwoordigheid van יהוה laat kom en die seuns van Yisra’el moet hulle hande op die Leviete lê

11. en Aharon moet die Leviete as waaioffer voor יהוה aanbied, namens die seuns van Yisra’el, om te kwalifiseer vir die diens van יהוה.

12. Die Leviete moet hulle hande op die koppe van die bulle lê en jy moet die een as sondoffer offer en die ander as brandoffer tot יהוה, om vir die Leviete toedekking te doen.

13. Jy moet die Leviete voor Aharon en sy seuns laat staan en hulle as waaioffer tot יהוה offer.

14. So moet jy die Leviete van onder die seuns van Yisra’el uit afsonder en die Leviete sal Myne wees.

Lees volledige hoofstuk Numeri 8