Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:86-89 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

86. twaalf goue panne, vol reukwerk; elke pan tien sikkels volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; al die goud van die panne was honderd en twintig sikkels.

87. Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme was twaalf, die lammers in hul eerste jaar twaalf, saam met hulle graanoffer en twaalf bokramme as sondoffer.

88. Al die beeste vir die vredesoffer was vier en twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig en die lammers in hul eerste jaar sestig. Dit is die inwyding van die altaar nadat dit gesalf is.

89. Wanneer Moshe in die Tent van Ontmoeting ingegaan het om met Hom te praat, het hy die Stem met hom hoor praat van bo die Toedekking af wat op die ark van die Getuienis is, van tussen die twee gérubs uit. So het Hy met hom gepraat.

Lees volledige hoofstuk Numeri 7