Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:73-84 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

73. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

74. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

75. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

76. een bokram as sondoffer

77. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Pag’i’el, die seun van `Okhran.

78. Op die twaalfde dag het Agira, die seun van `Enan, die leier van die seuns van Náftali ’n offer aangebied.

79. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

80. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

81. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

82. een bokram as sondoffer

83. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Agira, die seun van `Enan.

84. Dit was die inwydingsoffer vir die altaar vanaf Yisra’el se leiers op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwer borde, twaalf silwer komme, twaalf goue panne,

Lees volledige hoofstuk Numeri 7