Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:64-81 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

64. een bokram as sondoffer

65. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Avidan, die seun van Gid’oni.

66. Op die tiende dag het Agi’ezer, die seun van `Ammishaddai, die leier van die seuns van Dan ’n offer aangebied.

67. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

68. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

69. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

70. een bokram as sondoffer

71. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Agi’ezer, die seun van `Ammishaddai.

72. Op die elfde dag het Pag’i’el, die seun van `Okhran, die leier van die seuns van Asher ’n offer aangebied.

73. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

74. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

75. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

76. een bokram as sondoffer

77. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Pag’i’el, die seun van `Okhran.

78. Op die twaalfde dag het Agira, die seun van `Enan, die leier van die seuns van Náftali ’n offer aangebied.

79. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

80. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

81. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

Lees volledige hoofstuk Numeri 7