Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Op die dag toe Moshe die tabernakel klaar opgerig het, het hy dit gesalf en afgesonder, met al sy bybehore en die altaar met al sy bybehore; hy het dit gesalf en ook afgesonder.

2. Toe het die leiers van Yisra’el, die hoofde van hulle vaders se huise, die leiers van die stamme, wat oor hulle wat getel is, gestaan het, offers gebring.

3. Hulle het hul offers voor die Teenwoordigheid van יהוה gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; ’n wa vir twee leiers en ’n bees vir elkeen en hulle het dit voor die tabernakel aangebied.

4. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

5. “Ontvang dit van hulle sodat dit gebruik kan word in die dienswerk van die Tent van Ontmoeting en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk.”

6. Moshe het die waens en die beeste gevat en dit aan die Leviete gegee:

7. twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gershon gegee, volgens hulle dienswerk;

8. vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van M’rari gegee, volgens hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van Aharon, die priester,

Lees volledige hoofstuk Numeri 7