Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 5:14-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. as daar ’n gees van jaloersheid oor hom kom sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar onrein gemaak het; of ’n gees van jaloersheid kom oor hom sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haarself nie onrein gemaak het nie;

15. dan moet die man sy vrou na die priester bring. Hy moet die offer vir haar saambring: ’n tiende van ’n efa garsmeel; hy moet daar geen olie op gooi en geen wierook daar bysit nie, want dit is ’n graanoffer van jaloesie, ’n offer van herinnering wat die skuld onthou.

16. Die priester moet haar laat naderkom en haar voor die Teenwoordigheid van יהוה laat staan.

17. Die priester moet afgesonderde water in ’n erdepot vat en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, in die water gooi.

18. Die priester moet die vrou voor die Teenwoordigheid van יהוה laat staan, die vrou se hare laat los hang en die herinneringsoffer op haar hande sit. Dit is ’n graanoffer van jaloesie. In die hand van die priester sal dit bitter water wees, wat ’n vloek bring.

19. Die priester moet haar onder eed plaas en aan die vrou sê: ‘As geen man by jou gelê het en jy nie afgedraai het na onreinheid terwyl jy onder jou man se outoriteit was nie, wees dan vry van hierdie bitter water wat ’n vloek bring,

20. maar as jy terwyl jy onder jou man se outoriteit was, afgedraai en jou onrein gemaak het deurdat ’n man, behalwe jou eie man, by jou gelê het;’

21. [dan moet die priester die vrou laat sweer onder die eed van vervloeking en die priester moet aan die vrou sê:] ‘יהוה maak jou tot ’n vervloeking en ’n vloek onder jou volk, deurdat יהוה jou heup laat inval en jou buik laat opswel

Lees volledige hoofstuk Numeri 5