Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 4:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

2. “Tel die koppe van die seuns van K’hat, vanuit die seuns van Levi, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise,

3. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, almal wat in diens tree, om werk by die Tent van Ontmoeting te doen.

4. Dit sal die dienswerk van die seuns van K’hat by die Tent van Ontmoeting wees, aangaande die volkome afgesonderde dinge.

5. Wanneer die kamp opbreek moet Aharon en sy seuns ingaan en die verdelingsgordyn afhaal en die ark van die Getuienis daarmee bedek

6. en hulle moet ’n dekkleed van dugongvelle daaroor sit en ’n doek, heeltemal van blou materiaal, daar bo-oor uitsprei en sy pale insteek.

7. Hulle moet ook, oor die tafel van die brood van die Teenwoordigheid, ’n blou doek uitsprei en daarop die skottels, die rookpanne, die bekers en die drankofferkanne neersit; ook moet die voortdurende brood van Teenwoordigheid daarop wees.

8. Daarna moet hulle ’n skarlakenrooi doek daaroor uitsprei en dit met ’n dekkleed van dugongvelle toemaak en sy pale insteek.

9. Hulle moet ’n blou doek neem en die lampstaander vir beligting, met sy lampe, sy snuiters, sy bakkies en al sy oliekanne waarmee hulle dit bedien, toemaak.

Lees volledige hoofstuk Numeri 4