Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 33:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit is die reise van die seuns van Yisra’el wat uit Mitzrayim uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, onder die leierskap van Moshe en Aharon.

2. Moshe het volgens die opdrag van יהוה die aanvangsplekke van hulle reise opgeskryf. Hierdie is hulle reise, volgens hul aanvangsplekke:

3. hulle het vanaf Ram’ses vertrek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand, op die dag ná die Pesag het die seuns van Yisra’el vrymoediglik voor die oë van al die Mitzrayiete uitgetrek,

4. terwyl die Mitzrayiete besig was om hulle eersgeborenes te begrawe, wat יהוה onder hulle getref het. יהוה het ook oordele oor hulle gode uitgevoer.

5. Die seuns van Yisra’el het van Ram’ses af weggetrek en het by Sukkot kamp opgeslaan.

6. Hulle het van Sukkot af weggetrek en kamp opgeslaan in Etam wat aan die kant van die wildernis lê.

7. Hulle het van Etam af weggetrek en teruggedraai na Pi-Hagirot wat voor Ba’alTz’fon lê en hulle het voor Migdol gekamp.

8. Hulle het van Pi-Hagirot af weggetrek en regdeur die see gegaan na die wildernis, drie dagreise ver die wildernis van Etam in en by Marah gekamp.

9. Hulle het van Marah af weggetrek en by Eilim gekom. In Eilim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome en hulle het daar gekamp.

10. Hulle het van Eilim af weggetrek en by die Sufsee gekamp.

11. Hulle het van die Sufsee af weggetrek en in die wildernis van Sien gekamp.

12. Hulle het uit die wildernis van Sien weggetrek en in Dofkah gekamp.

13. Hulle het van Dofkah af weggetrek en in Alush gekamp.

14. Hulle het van Alush af weggetrek en in Refidim gekamp, waar daar geen water vir die volk was om te drink nie.

Lees volledige hoofstuk Numeri 33