Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 31:44-54 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

44. die beeste was ses en dertig duisend,

45. die donkies dertig duisend vyf honderd

46. en mense, sestien duisend.

47. Uit die helfte wat behoort aan die seuns van Yisra’el het Moshe gevat van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere; hy het dit aan die Leviete gegee wat die dienswerk by die tabernakel van יהוה doen, soos יהוה Moshe beveel het.

48. Die offisiere oor die duisende van die leër, die bevelvoerders oor duisend en die bevelvoerders oor honderd, het nadergekom na Moshe

49. en aan Moshe gesê: “U dienaars het die volle getal van die soldate opgeneem wat onder ons bevel was en daarvan word nie een vermis nie;

50. daarom bring elkeen van ons as offer aan יהוה wat hy aan goue goed gevind het: armkettings, armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om toedekking te doen vir onsself voor die Teenwoordigheid van יהוה.

51. Moshe en El’azar, die priester, het die goud, allerhande gemaakte voorwerpe, van hulle af ontvang.

52. Al die goud van die offergawe, wat die bevelvoerders oor duisend en die bevelvoerders oor honderd aan יהוה afgegee het, was sestien duisend sewe honderd en vyftig sikkels.

53. Die soldate het elkeen vir homself buit gevat.

54. Moshe en El’azar, die priester, het die goud van die bevelvoerders oor duisend en oor honderd ontvang en dit in die Tent van Ontmoeting gebring as ’n herinnering vir die seuns van Yisra’el voor die Teenwoordigheid van יהוה.

Lees volledige hoofstuk Numeri 31