Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 3:45-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

45. “Vat die Leviete in die plek van al die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee sodat die Leviete Myne kan wees. Ek is יהוה.

46. Vir die loskoping van die twee honderd drie en sewentig, uit die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el, wat meer is as die Leviete,

47. moet jy vyf sikkels per kop vat; volgens die sikkel van die Afgesonderde plek moet jy dit vat; die sikkel is twintig gerah.

48. Jy moet die loskoopgeld, van die wat onder hulle meer is, aan Aharon en sy seuns gee.”

49. Moshe het die loskoopgeld gevat van die wat meer was as die wat deur die Leviete losgekoop is;

50. van die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el het hy die geld gevat, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die Afgesonderde plek.

51. Moshe het die loskoopgeld vir Aharon en sy seuns gegee volgens die woord van יהוה, soos יהוה Moshe beveel het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 3