Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as ’n aangename geur, ’n offer, deur vuur, aan יהוה gebring.Deut 14:24-26

7. Die drankoffer daarby, moet ’n kwart hin wees vir elke lam. In ’n afgesonderde plek moet jy die sterk drank as offer tot יהוה uitgooi.

8. Die ander lam moet jy teen die aand offer; met dieselfde graanoffer as in die oggend en met die drankoffer daarby, moet jy dit offer; ’n offer, deur vuur, as ’n aangename geur tot יהוה.

9. Op die Shabbatdag moet jy twee lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek en twee tiendes van ’n efa fyn meel as graanoffer, met olie gemeng en die drankoffer daarby bring;

10. dit is die brandoffer vir elke Shabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer daarby.

11. Aan die begin van julle maande moet julle ’n brandoffer tot יהוה bring: twee jong bulle, een ram en sewe lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek,

12. drie-tiendes van ’n efa fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir elke bul en twee-tiendes fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir die ram

13. en een-tiende fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is ’n brandoffer as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה.

14. Hulle drankoffers moet ’n half hin wyn vir ’n bul, ’n derde hin vir ’n ram en ’n kwart hin vir ’n lam wees. Dit is die brandoffer by elke maand, vir die maande regdeur die jaar.Lev 23

Lees volledige hoofstuk Numeri 28