Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28:19-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. en julle moet ’n offer deur vuur, as brandoffer, aan יהוה bring: twee jong bulle, een ram en sewe lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek.

20. Hulle graanoffer moet fyn meel met olie gemeng wees: drie-tiendes van ’n efa vir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle offer.

21. Jy moet een tiende van ’n efa offer vir elkeen van die sewe lammers

22. en een bokram as sondoffer om vir julle toedekking te doen.

23. Hierdie moet bo en behalwe die dagbreekbrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, geoffer word.

24. Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die kos van die offer deur vuur as aangename geur vir יהוה offer; bo en behalwe die voortdurende brandoffer moet dit geoffer word, saam met die drankoffer daarby.

25. Op die sewende dag moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.

26. Op die dag van die eerste vrugte, wanneer julle ’n nuwe graanoffer by julle Fees van Weke (Shavu’ot) aan יהוה bring, moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.

27. Julle moet ’n brandoffer as aangename geur tot יהוה bring: twee jong bulle, een ram, sewe lammers in hulle eerste jaar

28. en hulle graanoffer van fyn meel met olie gemeng: drie tiendes vir elke bul, twee tiendes vir die ram,

29. een tiende vir elkeen van die sewe lammers

Lees volledige hoofstuk Numeri 28