Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28:13-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. en een-tiende fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is ’n brandoffer as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה.

14. Hulle drankoffers moet ’n half hin wyn vir ’n bul, ’n derde hin vir ’n ram en ’n kwart hin vir ’n lam wees. Dit is die brandoffer by elke maand, vir die maande regdeur die jaar.Lev 23

15. Een bokram moet ook as sondoffer aan יהוה geoffer word, saam met die drankoffer, behalwe vir die voortdurende brandoffer.

16. Op die veertiende dag van die eerste maand, is die Pesag van יהוה.

17. Op die vyftiende dag van hierdie maand is ’n fees; sewe dae lank moet ongesuurde brood geëet word.

18. Op die eerste dag moet daar ’n afgesonderde byeenkoms wees; jy mag géén werk doen nie

19. en julle moet ’n offer deur vuur, as brandoffer, aan יהוה bring: twee jong bulle, een ram en sewe lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek.

20. Hulle graanoffer moet fyn meel met olie gemeng wees: drie-tiendes van ’n efa vir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle offer.

21. Jy moet een tiende van ’n efa offer vir elkeen van die sewe lammers

22. en een bokram as sondoffer om vir julle toedekking te doen.

23. Hierdie moet bo en behalwe die dagbreekbrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, geoffer word.

24. Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die kos van die offer deur vuur as aangename geur vir יהוה offer; bo en behalwe die voortdurende brandoffer moet dit geoffer word, saam met die drankoffer daarby.

25. Op die sewende dag moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.

26. Op die dag van die eerste vrugte, wanneer julle ’n nuwe graanoffer by julle Fees van Weke (Shavu’ot) aan יהוה bring, moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.

Lees volledige hoofstuk Numeri 28