Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 27:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. יהוה sê vir Moshe: “Vat vir Y’hoshua, die seun van Nun, ’n man in wie die Gees is en lê jou hand op hom

19. en laat hom voor die priester El’azar en voor die hele vergadering staan en stel hom aan voor hulle oë.

20. Jy moet sommige van jou outoriteit aan hom oorgee sodat die hele vergadering van die seuns van Yisra’el hom gehoorsaam sal wees.

21. Hy moet voor El’azar, die priester, staan dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die Teenwoordigheid van יהוה. Volgens Sy opdrag moet hulle uitgaan en volgens Sy opdrag moet hulle ingaan, hy en al die seuns van Yisra’el saam met hom, die hele vergadering.”

22. Moshe het gedoen soos יהוה hom beveel het: hy het Y’hoshua gevat en hom voor El’azar, die priester en voor die hele vergadering laat staan

23. en hy het hom die hande opgelê en hom aangestel soos יהוה deur die hand van Moshe beveel het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 27