Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 25:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Die wat in die plaag gesterf het, was vier en twintig duisend (24,000).

10. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

11. “Pingas, die seun van El’azar, die seun van Aharon, die priester, het My wraak van die seuns van Yisra’el af weggedraai, deurdat hy met My jaloesie onder hulle jaloers was sodat Ek nie die seuns van Yisra’el verteer het in My jaloesie nie;

12. daarom, sê: ‘Let op, Ek gee vir hom My Verbond van vrede;Mal 2:5

13. dit sal vir hom en sy nageslag ná hom die verbond wees van ’n ewige priesterskap omdat hy jaloers was vir sy God en toedekking vir die seuns van Yisra’el gedoen het.”

14. Die naam van die Yisra’elitiese man wat doodgemaak is, wat saam met die vrou van Midyan doodgemaak is, was Zimri, die seun van Salu, heerser van ’n vader se huis, van die stam van Shim’on.

15. Die naam van die vrou van Midyan wat doodgemaak is, was Kozbi, die dogter van Tzur. Hy was hoof van een van die stamme van ’n vader se huis in Midyan.

16. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

17. “Val die Midyaniete aan as vyand,

18. want hulle het julle as vyand behandel deur hulle planne wat hulle teen julle bedink het aangaande P’or en aangaande Kozbi, die dogter van die heerser van Midyan, hulle suster, wat op die dag van die plaag doodgemaak is as gevolg van P’or.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 25