Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 25:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Terwyl Yisra’el in Sheetim gebly het, het die volk begin hoereer met die dogters van die Mo’aviete

2. en dié het die volk na die offers van hulle gode uitgenooi en die volk het geëet en neergebuig voor hulle gode.Ps 106:28

3. Yisra’el was verenig met Ba’al-P’or en die woede van יהוה het teen Yisra’el gebrand

4. יהוה sê vir Moshe: “Neem al die leiers van die volk en stel hulle bloot in die helder daglig voor יהוה sodat die brandende woede van יהוה van Yisra’el af weggedraai kan word.”

5. Moshe het vir die regters van Yisra’el gesê: “Elkeen van julle maak sy manne dood wat verenig is met Ba’al-P’or.”

6. Let op, een van die manne van Yisra’el het gekom en ’n vrou van Midyan tussen sy volksgenote ingebring, voor die oë van Moshe en voor die oë van die hele vergadering van die seuns van Yisra’el terwyl hulle huil voor die ingang van die Tent van Ontmoeting.

7. Toe Pingas, die seun van El’azar, die seun van Aharon, die priester, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en ’n spies in sy hand gevat,

8. agter die man van Yisra’el aan in die tent ingegaan en hulle altwee deurboor, die man van Yisra’el en die vrou, deur die liggaam. So is die plaag onder die seuns van Yisra’el gestop.

9. Die wat in die plaag gesterf het, was vier en twintig duisend (24,000).

10. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

Lees volledige hoofstuk Numeri 25