Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 20:16-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. en toe ons uitgeroep het na יהוה, het Hy ons stem gehoor. Hy het ’n boodskapper gestuur en ons uit Mitzrayim uitgelei. Let op, ons is nou in Kadesh, ’n stad op die grens van jou grondgebied.

17. Laat ons asseblief deur jou land trek. Ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie. Ons sal op ‘Die Koning se Hoofweg’ hou, ons sal nie regs of links uitdraai nie totdat ons deur jou grondgebied getrek het.”

18. Edom antwoord hom egter: “Jy sal nie deur my land trek nie, anders sal ek teen jou uitkom met die swaard.”

19. Weer sê die seuns van Yisra’el vir hom: “Ons sal met die hoofpad gaan en as ek en my vee van jou water drink, dan sal ek daarvoor betaal. Laat my net te voet deurtrek, niks meer nie.”

20. Hy antwoord: “Jy sal nie deurgaan nie.” Edom het uitgekom teen hom met baie mense en met ’n sterk hand.Yeg 25:12-14; Yeg 35:1-15; Mal 1:2-4

21. So het Edom geweier om Yisra’el toe te laat om deur sy grondgebied te gaan, dus het Yisra’el van hom af weggedraai.

22. Die seuns van Yisra’el, die hele vergadering, het van Kadesh af weggegaan en by die berg Hor gekom.

23. יהוה het met Moshe en Aharon by die berg Hor, op die grens van die land van Edom, gepraat en gesê:

Lees volledige hoofstuk Numeri 20