Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 20:14-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Moshe het boodskappers uit Kadesh na die koning van Edom gestuur: “So sê jou broer Yisra’el: Jy weet van al die moeilikheid wat ons oorgekom het,

15. dat ons vaders na Mitzrayim afgegaan het en ons baie dae in Mitzrayim gebly het en die Mitzrayiete het ons en ons vaders sleg behandel

16. en toe ons uitgeroep het na יהוה, het Hy ons stem gehoor. Hy het ’n boodskapper gestuur en ons uit Mitzrayim uitgelei. Let op, ons is nou in Kadesh, ’n stad op die grens van jou grondgebied.

17. Laat ons asseblief deur jou land trek. Ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie. Ons sal op ‘Die Koning se Hoofweg’ hou, ons sal nie regs of links uitdraai nie totdat ons deur jou grondgebied getrek het.”

18. Edom antwoord hom egter: “Jy sal nie deur my land trek nie, anders sal ek teen jou uitkom met die swaard.”

19. Weer sê die seuns van Yisra’el vir hom: “Ons sal met die hoofpad gaan en as ek en my vee van jou water drink, dan sal ek daarvoor betaal. Laat my net te voet deurtrek, niks meer nie.”

20. Hy antwoord: “Jy sal nie deurgaan nie.” Edom het uitgekom teen hom met baie mense en met ’n sterk hand.Yeg 25:12-14; Yeg 35:1-15; Mal 1:2-4

21. So het Edom geweier om Yisra’el toe te laat om deur sy grondgebied te gaan, dus het Yisra’el van hom af weggedraai.

22. Die seuns van Yisra’el, die hele vergadering, het van Kadesh af weggegaan en by die berg Hor gekom.

23. יהוה het met Moshe en Aharon by die berg Hor, op die grens van die land van Edom, gepraat en gesê:

24. “Aharon sal by sy mense versamel word, want hy mag nie ingaan in die land wat Ek aan die seuns van Yisra’el gegee het nie omdat julle teen My opdrag gerebelleer het by die waters van M’rivah.

Lees volledige hoofstuk Numeri 20