Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 13:25-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Hulle het teruggekom van die verkenning van die land ná verloop van veertig dae

26. en voortgegaan en by Moshe, Aharon en die hele vergadering van die seuns van Yisra’el gekom in die wildernis van Pa’ran, by Kadesh en aan hulle en aan die hele vergadering verslag gebring en hulle die vrugte van die land gewys.

27. Hulle het aan hom rapporteer en gesê: “Ons het gegaan na die land waarheen u ons gestuur het en waarlik, dit loop oor met melk en heuning en dít is sy vrugte.

28. Nogtans, die volk wat in die land woon, is sterk en die stede is versterk en baie groot en ons het die nageslag van `Anak daar gesien.

29. `Amalek bly in die Negev, die Hittiete, Y’vusiete en Emoriete bly in die bergland en die Kena’aniete bly by die see en langs die Yarden.”

30. Kalev het die mense stilgemaak voor Moshe en gesê: “Laat ons opstaan en opgaan om dit in besit te neem, want ons sal dit sekerlik oorwin.”

31. Die manne wat saam met hom opgegaan het, sê egter: “Ons kan nie teen die mense opgaan nie, want hulle is te sterk vir ons.”

32. Hulle het slegte verslae onder die seuns van Yisra’el versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: “Die land waardeur ons gegaan het om dit te verken, is ’n land wat sy inwoners verteer en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.

33. Ons het ook die reuse (Neļ¬lim) daar gesien, die seuns van `Anak is deel van die reuse en ons het soos sprinkane in ons eie oë geword soos ons ook in hulle oë was.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 13