Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 10:17-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Die tabernakel is afgebreek en die seuns van Gershon en die seuns van M’rari het weggetrek en die tabernakel gedra.

18. Volgende het die banier van die kamp van Re’uven weggetrek, volgens hulle leërafdelings met Elitzur, die seun van Sh’de’ur, oor sy leërafdeling.

19. Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Shim’on was Shlumi’el, die seun van Tzurishaddai.

20. Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Gad was Elyasaf, die seun van Re’u’el.

21. Toe het die K’hati, die draers van die Afgesonderde plek, weggetrek. Die tabernakel is vir hulle opgeslaan voor hulle aankoms.

22. Volgende het die banier van die kamp van die seuns van Efrayim, volgens hulle leërafdelings, weggetrek met Elishama, die seun van `Ammihud, oor sy leërafdeling.

23. Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van M’nasheh was Gamli’el, die seun van P’dahtzur.

24. Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Binyamin was Avidan, die seun van Gid’oni.

25. Toe het die banier van die kamp van die seuns van Dan weggetrek wat, volgens hulle leërafdelings, die agterhoede vir al die leërs was; met Agi’ezer, die seun van `Ammishaddai oor sy leërafdeling.

26. Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Asher was Pag’i’el, die seun van `Okhran.

27. Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Naftali was Agira, die seun van `Enan.

28. Dit was die volgorde van die reise van die seuns van Yisra’el, volgens hulle leërafdelings, wanneer hulle weggetrek het.

29. Moshe het vir Hovav, die seun van Re’u’el, die Midyani, skoonvader van Moshe, gesê: “Ons trek na die plek waarvan יהוה gesê het: “Ek sal dit vir julle gee. Trek saam met ons en ons sal jou goed behandel, want יהוה het goed oor Yisra’el belowe.”

30. Hy het vir hom gesê: “Ek sal nie kom nie, maar ek sal weggaan na my land en my familie toe.”Rig 4:11

31. Hy sê: “Moet asseblief nie gaan nie, aangesien jy weet waar ons moet kamp opslaan in die wildernis en jy sal vir ons soos oë wees.

Lees volledige hoofstuk Numeri 10