Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 9:32-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. daarom nou, ons God, die groot, die magtige en die afgesonderde God, wat verbond en waarheid onderhou, laat al die swaarkry wat oor ons, oor ons konings, oor ons prinse, oor ons priesters, oor ons profete, oor ons vaders en oor U hele volk gekom het vanaf die dae van die konings van Ashur tot vandag toe, nie verborge wees vir U nie.

33. Nogtans is U regverdig in alles wat oor ons gekom het, want U het reg gedoen, maar ons het boos gedoen.

34. Ons konings, ons prinse, ons priesters en ons vaders het ook nie U wet nagekom, of geluister na U opdragte en U getuienisse, waarmee U teen hulle getuig het, nie.

35. Hulle het U koninkryk en U groot seën afgesweer wat U aan hulle gegee het, asook die goeie en vrugbare land wat U aan hulle gegee het. Hulle het U ook nie gedien of weggedraai van hulle bose werke nie;

36. daarom is ons vandag slawe en wat die land betref wat U aan ons vaders gegee het om van sy vrug en goeie dinge te eet, let op, ons is slawe daarin.

37. Sy opbrengs word gevat deur die konings wat U oor ons aangestel het as gevolg van ons sondes; hulle het ook heerskappy oor ons liggame en oor ons vee volgens hulle plesier en ons leef in ’n groot onderdrukking.”

38. As gevolg van al hierdie dinge, sluit ons ’n vaste verbond en het getuienis oor die seël: ons oudstes, ons Leviete, ons priesters en almal van ons wat gespaar is.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 9