Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 7:54-71 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

54. die seuns van Batzlut, die seuns van M’gida, die seuns van Harsha;

55. die seuns van Barkos, die seuns van Sisra, die seuns van Temag;

56. die seuns van N’tziag, die seuns van Hatifa;

57. die seuns van die diensknegte van Shlomo: die seuns van Sotai, die seuns van Soferet, die seuns van P’ruda;

58. die seuns van Ya’alah, die seuns van Darkon, die seuns van Giddel;

59. die seuns van Sh’fatyah, die seuns van Hattil, die seuns van Pokheret-Hatzvayim, die seuns van Ami,

60. al die tempelknegte en die seuns van die diensknegte van Shlomo was drie honderd twee en negentig.

61. Hierdie is hulle wat uit Tel-Melag, Tel-Harsha en K’ruv opgetrek het, maar nie hulle familie en hulle afkoms verseker kon aanwys of hulle vanuit Yisra’el is nie:

62. die seuns van D’layah, die seuns van Toviyah en die seuns van N’koda, ses honderd twee en veertig.

63. Van die seuns van die priesters: die seuns van Havayah, die seuns van Hakkotz, die seuns van Barzillai, wat uit die dogters van Barzillai, die Gil’adiet, ’n vrou gevat het en na hulle vernoem is.

64. Hulle het hul registers gesoek tussen die wat erken is deur hul voorgeslagte, maar dit is nie gevind nie; daarom is hulle vrygestel van die priesterskap.

65. Die leiers van Yisra’el het vir hulle gesê dat hulle nie mag eet van die mees afgesonderde dinge nie totdat ’n hoofpriester sou opstaan en navraag doen met urim en tummim.

66. Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend vier honderd en sewentig,

67. behalwe hulle slawe en hulle slavinne, waarvan daar sewe duisend drie honderd drie en dertig was en hulle wat met sang bedien het, twee honderd vyf en veertig sangers en sangeresse.

68. Hulle kamele was vier honderd vyf en dertig;

69. hulle donkies, ses duisend sewe honderd en twintig.

70. Sommige van die hoofde van die vaders het vir die werk van die tempel gegee. Die oudstes onder die priesters het aan die skathuis een duisend dragmas goud (±10kg), vyftig bakke en vyf honderd en dertig stelle klere vir die priesters, gegee.

71. Sommige van die hoofde van die vaders het aan die skathuis vir die werk twintig duisend dragmas goud (±195kg) en een duisend een honderd mine silwer (±500kg) gegee.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 7