hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe die muur gebou is, die deure ingesit is, die deure klaar was en die leiers en die Leviete aangestel is,

2. het ek opdrag gegee aan my broer Hanani en aan Hananyah, die goewerneur van die paleis en van Yerushalayim, want hy was ’n opregte man en het God respekvol gevrees en weggedraai van boosheid af

3. en ek het vir hulle gesê: “Moenie die poorte van Yerushalayim oopmaak voordat die son hoog is nie en terwyl die son nog skyn, laat hulle die deure toemaak en grendel en stel wagte aan uit die inwoners van Yerushalayim, elkeen in sy wag en elkeen oorkant sy eie huis.”

4. Die stad was groot en wyd, maar daar was min mense in dit en hulle huise was nog nie gebou nie.

5. God het dit in my gedagtes geplaas en ek het die edeles en heersers van die volk bymekaar laat kom volgens hulle families en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het en ek het gevind dat die name daarin geskryf is.

6. Hierdie is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangeskap, wat N’vukadnetzar, koning van Bavel, na Bavel weggevoer het en weer na Yerushalayim en Y’hudah teruggekeer het, elkeen na sy eie stad;

7. hulle wat saam met Z’rubavel, Yeshua, Negemyah, S’rayah, Re’elyah, Nagmani, Mordekhai, Bilshan, Mispar, Bigwai, Regum en Ba’anah gegaan het. Die aantal manne van die volk van Yisra’el was:

8. die seuns van Par’osh, twee duisend een honderd twee en sewentig;

9. die seuns van Sh’fatyah, drie duisend twee en sewentig;

10. die seuns van Arag, ses honderd twee en vyftig;

11. die seuns van Pagat-Mo’av, van die seuns van Yeshua en Yo’av, twee duisend agt honderd en agtien;

12. die seuns van `Eilam, een duisend twee honderd vier en vyftig;

13. die seuns van Zattu, agt honderd vyf en vyftig;

14. die seuns van Zakkai, sewe honderd en sestig;

15. die seuns van Bani, ses honderd agt en veertig;

16. die seuns van B’vai, ses honderd agt en twintig;

17. die seuns van `Azgad, twee duisend drie honderd twee en twintig;

18. die seuns van Adonikam, ses honderd sewe en sestig;

19. die seuns van Bigwai, twee duisend sewe en sestig;

20. die seuns van `Adin, ses honderd vyf en vyftig;

21. die seuns van Ater, van Hizkiyahu, agt en negentig;

22. die seuns van Hashum, drie honderd agt en twintig;

23. die seuns van Betzai, drie honderd vier en twintig;

24. die seuns van Yorah, een honderd en twaalf;

25. die seuns van Giv’on, vyf en negentig;

26. die seuns van Beit-Legem en N’tofah, een honderd agt en tagtig;

27. die manne van `Anatot, honderd agt en twintig;

28. die seuns van Beit-`Azmawet, twee en veertig;

29. die seuns van Kiryat-`Arim, K’firah en Be’erot, sewe honderd drie en veertig;

30. die seuns van Ramah en Geva, sewe honderd een en twintig;

31. die manne van Mikhmas, een honderd twee en twintig;

32. die manne van Beit-El en `Ai, een honderd drie en twintig;

33. die seuns van N’vo, twee en vyftig;

34. die seuns van die ander `Eilam, een duisend twee honderd vier en vyftig;

35. die seuns van Harim, drie honderd en twintig;

36. die seuns van Yerigo, drie honderd vyf en veertig;

37. die seuns van Lod, Hadid en Ono, sewe honderd een en twintig;

38. die seuns van S’na’ah, drie duisend nege honderd en dertig.

39. Die priesters: die seuns van Y’da’yah, van die huis van Yeshua, nege honderd drie en sewentig;

40. die seuns van Immer, een duisend twee en vyftig;

41. die seuns van Pash’gur, een duisend twee honderd sewe en veertig;

42. die seuns van Harim, een duisend en sewentien.

43. Die Leviete: die seuns van Yeshua en Kadmi’el, van die seuns van Hodavyah, vier en sewentig.

44. Die sangers: die seuns van Asaf, een honderd agt en veertig.

45. Die seuns van die poortwagters: die seuns van Shallum, die seuns van Ater, die seuns van Talmon, die seuns van `Akkuv, die seuns van Hatita, die seuns van Shovai, almal saam een honderd agt en dertig.

46. Die tempelbediendes: die seuns van Tziga, die seuns van Hasufa, die seuns van Tabba’ot;

47. die seuns van Keros, die seuns van Sia’ha, die seuns van Padon;

48. die seuns van L’vana, die seuns van Hagavah, die seuns van Salmai;

49. die seuns van Hanan, die seuns van Giddel, die seuns van Gagar;

50. die seuns van Re’ayah, die seuns van Retzin, die seuns van N’koda;

51. die seuns van Gazam, die seuns van`Uza, die seuns van Paseag;

52. die seuns van Besai, die seuns van Me’unim, die seuns van N’fusim;

53. die seuns van Bakbuk, die seuns van Hakufa, die seuns van Harhur;

54. die seuns van Batzlut, die seuns van M’gida, die seuns van Harsha;

55. die seuns van Barkos, die seuns van Sisra, die seuns van Temag;

56. die seuns van N’tziag, die seuns van Hatifa;

57. die seuns van die diensknegte van Shlomo: die seuns van Sotai, die seuns van Soferet, die seuns van P’ruda;

58. die seuns van Ya’alah, die seuns van Darkon, die seuns van Giddel;

59. die seuns van Sh’fatyah, die seuns van Hattil, die seuns van Pokheret-Hatzvayim, die seuns van Ami,

60. al die tempelknegte en die seuns van die diensknegte van Shlomo was drie honderd twee en negentig.

61. Hierdie is hulle wat uit Tel-Melag, Tel-Harsha en K’ruv opgetrek het, maar nie hulle familie en hulle afkoms verseker kon aanwys of hulle vanuit Yisra’el is nie:

62. die seuns van D’layah, die seuns van Toviyah en die seuns van N’koda, ses honderd twee en veertig.

63. Van die seuns van die priesters: die seuns van Havayah, die seuns van Hakkotz, die seuns van Barzillai, wat uit die dogters van Barzillai, die Gil’adiet, ’n vrou gevat het en na hulle vernoem is.

64. Hulle het hul registers gesoek tussen die wat erken is deur hul voorgeslagte, maar dit is nie gevind nie; daarom is hulle vrygestel van die priesterskap.

65. Die leiers van Yisra’el het vir hulle gesê dat hulle nie mag eet van die mees afgesonderde dinge nie totdat ’n hoofpriester sou opstaan en navraag doen met urim en tummim.

66. Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend vier honderd en sewentig,

67. behalwe hulle slawe en hulle slavinne, waarvan daar sewe duisend drie honderd drie en dertig was en hulle wat met sang bedien het, twee honderd vyf en veertig sangers en sangeresse.

68. Hulle kamele was vier honderd vyf en dertig;

69. hulle donkies, ses duisend sewe honderd en twintig.

70. Sommige van die hoofde van die vaders het vir die werk van die tempel gegee. Die oudstes onder die priesters het aan die skathuis een duisend dragmas goud (±10kg), vyftig bakke en vyf honderd en dertig stelle klere vir die priesters, gegee.

71. Sommige van die hoofde van die vaders het aan die skathuis vir die werk twintig duisend dragmas goud (±195kg) en een duisend een honderd mine silwer (±500kg) gegee.

72. Dit wat die res van die mense gegee het was twintig duisend dragmas goud (±195kg), twee duisend mine silwer (±900kg) en sewe en sestig stelle klere vir die priesters.

73. So het die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers en sommige van die volk, die tempelknegte en die hele Yisra’el na hulle eie stede teruggekeer en toe die sewende maand (Tishri) aanbreek, was die hele Yisra’el in hulle stede.