Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 7:2-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. het ek opdrag gegee aan my broer Hanani en aan Hananyah, die goewerneur van die paleis en van Yerushalayim, want hy was ’n opregte man en het God respekvol gevrees en weggedraai van boosheid af

3. en ek het vir hulle gesê: “Moenie die poorte van Yerushalayim oopmaak voordat die son hoog is nie en terwyl die son nog skyn, laat hulle die deure toemaak en grendel en stel wagte aan uit die inwoners van Yerushalayim, elkeen in sy wag en elkeen oorkant sy eie huis.”

4. Die stad was groot en wyd, maar daar was min mense in dit en hulle huise was nog nie gebou nie.

5. God het dit in my gedagtes geplaas en ek het die edeles en heersers van die volk bymekaar laat kom volgens hulle families en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het en ek het gevind dat die name daarin geskryf is.

6. Hierdie is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangeskap, wat N’vukadnetzar, koning van Bavel, na Bavel weggevoer het en weer na Yerushalayim en Y’hudah teruggekeer het, elkeen na sy eie stad;

7. hulle wat saam met Z’rubavel, Yeshua, Negemyah, S’rayah, Re’elyah, Nagmani, Mordekhai, Bilshan, Mispar, Bigwai, Regum en Ba’anah gegaan het. Die aantal manne van die volk van Yisra’el was:

8. die seuns van Par’osh, twee duisend een honderd twee en sewentig;

9. die seuns van Sh’fatyah, drie duisend twee en sewentig;

10. die seuns van Arag, ses honderd twee en vyftig;

11. die seuns van Pagat-Mo’av, van die seuns van Yeshua en Yo’av, twee duisend agt honderd en agtien;

12. die seuns van `Eilam, een duisend twee honderd vier en vyftig;

13. die seuns van Zattu, agt honderd vyf en vyftig;

14. die seuns van Zakkai, sewe honderd en sestig;

15. die seuns van Bani, ses honderd agt en veertig;

16. die seuns van B’vai, ses honderd agt en twintig;

Lees volledige hoofstuk Negemyah 7