Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 6:9-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. want hulle almal wou ons bang maak en het gesê: “Hulle hande sal swak word van die werk.” Hulle sê ook vir ons: “Moenie die werk doen nie.” O God, versterk daarom nou my hande!

10. Toe het ek in die huis van Sh’ma’yah, die seun van D’layah, die seun van M’heitav’el gegaan, wat my van werk verhinder het en hy sê vir my: “Laat ons ontmoet in die huis van God, binne-in die tempel en laat ons die deure van die tempel toesluit, want hulle kom om u dood te maak, ja, hulle kom in die nag om u dood te maak.”

11. Ek het gesê: “Sal ek, na mense soos jy, vlug? Dit is verwerplik dat ek sou vlug en in die tempel ingaan.”

12. Let op, ek het gesien dat God hom nie teen my gestuur het nie en dit is ook nie aan my deur ’n profeet gesê dat hy my sal doodmaak nie, want Toviyah, Sanvallat en hulle vriende het hom gehuur en gestuur om my dood te maak.

13. Daarvoor is hy gehuur, dat ek bang sou word, só doen en sondig sodat ek vir hulle ’n bose verslag kon word sodat hulle my kan spot.

14. Onthou, o my God, vir Toviyah, Sanvallat en hulle vriende volgens hierdie, hulle bose werke en ook vir No’adyah, die profeet en die ander profete wat my probeer bang maak as gevolg van hulle.

15. Die muur is voltooi op die vyf en twintigste dag van Elul (die 6de maand), in twee en vyftig dae.

16. Toe al ons vyande dit hoor, was hulle bang en al die nasies wat rondom ons was, het uitermate gebewe oor ons teenwoordigheid, want hulle het gesien dat hierdie werk deur ons God gedoen is.

17. In daardie dae het die edeles van Y’hudah ook baie briewe aan Toviyah gestuur en Toviyah se briewe het na hulle toe gekom,

18. want daar is baie in Y’hudah wat aan hom gesweer het om hom nie kwaad aan te doen nie omdat hy die skoonseun was van Sh’khanyah, die seun van Arag; sy seun Y’hoganan het die dogter van Meshullam, die seun van Berekhyah, gevat.

19. Hulle het ook sy goeie woorde voor my rapporteer en aan hom alles vertel wat ek gesê het. Toviyah het briewe gestuur om my bang te maak.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 6