Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 11:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Laat die leiers van die volk in Yerushalayim bly en die res van die volk moet die lot werp om een uit tien te bring om in Yerushalayim, die afgesonderde stad, te bly en die oorblywende nege in die stede.

2. Die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Yerushalayim te bly.

3. Hierdie is die hoofde van die provinsie wat in Yerushalayim gebly het en in die stede van Y’hudah. Elkeen het in sy eie besitting in hulle stede in Yisra’el gebly, saam met die priesters, die Leviete en sommige van die mense, asook die nageslag van Shlomo se diensknegte wat in Yerushalayim gebly het;

Lees volledige hoofstuk Negemyah 11