Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 11:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Laat die leiers van die volk in Yerushalayim bly en die res van die volk moet die lot werp om een uit tien te bring om in Yerushalayim, die afgesonderde stad, te bly en die oorblywende nege in die stede.

2. Die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Yerushalayim te bly.

3. Hierdie is die hoofde van die provinsie wat in Yerushalayim gebly het en in die stede van Y’hudah. Elkeen het in sy eie besitting in hulle stede in Yisra’el gebly, saam met die priesters, die Leviete en sommige van die mense, asook die nageslag van Shlomo se diensknegte wat in Yerushalayim gebly het;

4. ook nog sommige van die seuns van Y’hudah en van die seuns van Binyamin. Van die seuns van Y’hudah: `Atayah, die seun van `Uziyah, die seun van Z’kharyah, die seun van Amaryah, die seun van Sh’fatyah, die seun van Mahalal’el; van die nageslag van Peretz:

5. Ma’aseiyah, die seun van Barukh, die seun van Kol-Hozeh, die seun van Hazayah, die seun van `Adayah, die seun van Yoyariv, die seun van Z’kharyah, die seun van Shelah.

6. Al die nageslag van Peretz wat in Yerushalayim gebly het, was vier honderd agt en sestig, dapper manne.

7. Hierdie is die nageslag van Binyamin: Sallu, die seun van Meshullam, die seun van Yo’ed, die seun van P’dayah, die seun van Kolayah, die seun van Ma’aseiyah, die seun van Iti’el, die seun van Yesha’yah

8. en ná hom was nege honderd agt en twintig ander.

9. Yo’el, die seun van Zikhri, was opsigter oor hulle en Y’hudah, die seun van Hasnu’ah, was tweede oor die stad.

10. Van die priesters: Y’da’yah, die seun van Yoyariv,

11. S’rayah, die seun van Hilkiyah, die seun van Meshullam, die seun van Tzadok, die seun van M’rayot, die seun van Agituv, die leier oor die huis van God.

12. Hulle broers wat die werk in die tempel gedoen het, was agt honderd twee en twintig en `Adayah, die seun van Yerogam, die seun van P’lalyah, die seun van Amtzi, die seun van Z’kharyah, die seun van Pash’gur, die seun van Malkiyah,

Lees volledige hoofstuk Negemyah 11