Ou Testament

Nuwe Testament

Mikhah 5:8-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. (5:7) Die wat oorbly van Ya’akov sal tussen die nasies, onder baie volke wees soos ’n leeu onder die diere van die woud, soos ’n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy verbytrek, vertrap en verskeur en daar is niemand wat red nie.

9. (5:8) Jou hand sal teen jou teëstanders opgelig wees en al jou vyande sal afgesny word.”

10. (5:9) “Dit sal wees in daardie dag,” verklaar יהוה, “dat Ek jou perde tussen jou uit sal afsny en jou strydwaens vernietig.

11. (5:10) Ek sal ook die stede van jou land afsny en al jou vestings afbreek.

12. (5:11) Ek sal towerye uit jou hand afsny en jy sal geen fortuinvertellers meer hê nie.

13. (5:12) Ek sal jou gekerfde beelde en jou klippilare van tussen jou uit afsny sodat jy jou nie langer sal neerbuig voor die werk van jou hande nie.

14. (5:13) Ek sal die Asherah beelde ontwortel uit jou midde en jou stede vernietig.

15. (5:14) Ek sal wraak uitoefen in woede en toorn op die nasies wat nie gehoorsaam was nie.”

Lees volledige hoofstuk Mikhah 5