Ou Testament

Nuwe Testament

Mikhah 5:7-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. (5:6) dan sal die wat van Ya’akov oorbly onder baie volke wees soos dou vanaf יהוה, soos reënbuie op plante, wat nie vir die mens wag of vertoef vir die seuns van die mens nie.

8. (5:7) Die wat oorbly van Ya’akov sal tussen die nasies, onder baie volke wees soos ’n leeu onder die diere van die woud, soos ’n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy verbytrek, vertrap en verskeur en daar is niemand wat red nie.

9. (5:8) Jou hand sal teen jou teëstanders opgelig wees en al jou vyande sal afgesny word.”

10. (5:9) “Dit sal wees in daardie dag,” verklaar יהוה, “dat Ek jou perde tussen jou uit sal afsny en jou strydwaens vernietig.

11. (5:10) Ek sal ook die stede van jou land afsny en al jou vestings afbreek.

12. (5:11) Ek sal towerye uit jou hand afsny en jy sal geen fortuinvertellers meer hê nie.

13. (5:12) Ek sal jou gekerfde beelde en jou klippilare van tussen jou uit afsny sodat jy jou nie langer sal neerbuig voor die werk van jou hande nie.

14. (5:13) Ek sal die Asherah beelde ontwortel uit jou midde en jou stede vernietig.

15. (5:14) Ek sal wraak uitoefen in woede en toorn op die nasies wat nie gehoorsaam was nie.”

Lees volledige hoofstuk Mikhah 5