Ou Testament

Nuwe Testament

Mikhah 2:3-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. יהוה sê daarom: “Let op, Ek beplan ’n katastrofe teen hierdie familie, waaruit julle jul nekke nie sal kan uittrek nie en julle sal nie trots kan rondloop nie, want dit sal ’n bose tyd wees.

4. In dié dag sal hulle ’n spotlied oor julle opneem en ’n bitter klaaglied sing: ‘Ons is volkome vernietig! Hy verruil die deel van my volk; Hy vat dit weg van my! Hy verdeel ons velde onder die afvalliges;’

5. daarom sal daar in die vergadering van יהוה vir jou niemand wees wat die meetlyn vir jou uittrek deur die lot nie.

Lees volledige hoofstuk Mikhah 2