Ou Testament

Nuwe Testament

Mal'akhi 3:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Julle is met ’n vloek vervloek, want julle, die hele nasie, steel van My!

10. Bring die hele tiende na die stoorkamer sodat daar kos in My huis kan wees en toets My nou hierin,” sê יהוה-Tzva’ot, “of Ek nie vir julle die vensters van die hemel sal oopmaak en vir julle ’n seën sal laat uitvloei totdat dit oorloop, nie,

11. dan sal Ek die vreter vir julle bestraf sodat dit nie die opbrengs van die grond sal vernietig nie en ook sal julle wingerdstok op die land nie sy vrug afgooi nie,” sê יהוה-Tzva’ot.

12. “Al die nasies sal julle geseënd noem, want julle sal ’n genotvolle land wees,” sê יהוה-Tzva’ot.

13. “Julle woorde teen My was arrogant,” sê יהוה. “Tog vra julle: ‘Wat het ons teen U gepraat?’

14. Julle het gesê: ‘Dit is tevergeefs om God te dien en watter voordeel is dit dat ons Sy opdragte uitgevoer het en dat ons in rou voor יהוה-Tzva’ot geloop het?

15. Nou noem ons die arrogantes geseënd; nie alleen word die wat boosheid doen, opgebou nie, maar hulle toets God ook en kom vry!’”Ps 69:29; Open 20:12

16. Toe het hulle wat יהוה vrees met mekaar gepraat en יהוה het aandag gegee en gehoor en ’n boek van herinnering is voor Hom geskryf vir dié wat יהוה respekvol vrees en Sy Karakter en Outoriteit (Naam) hoog ag.

17. Hulle sal Myne wees,” sê יהוה-Tzva’ot, “op die dag wat Ek My eie besitting voorberei en Ek sal hulle spaar soos ’n man sy eie seun spaar wat hom dien.”

18. So sal julle weer onderskei tussen die onpartydige en opregte en die bose, tussen een wat God dien en een wat Hom nie dien nie,

Lees volledige hoofstuk Mal'akhi 3