Ou Testament

Nuwe Testament

Mal'akhi 3:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Let op, Ek gaan My boodskapper stuur en hy sal die pad voor My skoonmaak. Die Meester, wat julle soek, sal skielik na Sy tempel toe kom en die Boodskapper van die verbond, in Wie julle vreugde vind, let op, Hy kom,” sê יהוה-Tzva’ot,

2. “maar wie kan die dag van Sy koms verdra? Wie kan staande bly as Hy verskyn? Want Hy is soos die suiweraar se vuur en soos die seep van die wasser.

3. Hy sal sit as ’n Smelter en Reiniger van silwer en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle suiwer maak soos goud en silwer sodat hulle aan יהוה offers kan bring in onpartydige opregtheid,1 Yog 1:7-9

4. dan sal die offer van Y’hudah en Yerushalayim vir יהוה aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die vroeëre jare,

Lees volledige hoofstuk Mal'akhi 3