Ou Testament

Nuwe Testament

Mal'akhi 2:11-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Y’hudah het verraderlik gehandel en ’n verwerplikheid is in Yisra’el en in Yerushalayim gedoen, want Y’hudah het die Afgesonderde Plek van יהוה onteer, wat Hy liefhet en die dogter van ’n vreemde god getrou.

12. יהוה sal die man wat dit doen vernietig, asook sy seun en sy seun se seun uitroei uit die tente van Ya’akov en hy sal niemand hê om die offer aan יהוה-Tzva’ot te bring nie.

13. “Hierdie is nog iets wat julle doen; julle bedek die altaar van יהוה met trane, met gehuil en gekreun omdat Hy nie langer die offer ag nie en dit nie van julle hand aanvaar met guns nie.

14. Tog vra julle: ‘Om watter rede?’ Omdat יהוה Getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug teenoor wie jy verraderlik opgetree het, alhoewel sy jou metgesel is en jou vrou deur die verbond.

15. Nie een mens wat iets van die Gees oor het, maak so nie en wat het hy gedoen terwyl hy ’n Goddelike nageslag gesoek het? Neem julle gees in ag en laat nie een verraderlik optree teenoor die vrou van sy jeug nie,

16. want Ek haat egskeiding,” sê יהוה, die God van Yisra’el “en hom wat dit wat verkeerd is met sy kleed bedek,” sê יהוה-Tzva’ot. “Neem julle dan jul gees in ag dat julle nie verraderlik optree nie.”

17. Julle het יהוה vermoei met julle woorde. Nogtans vra julle: “Waarmee vermoei ons Hom?” Deurdat julle sê: “Elkeen wat boosheid doen, is goed in die oë van יהוה en Hy is bly oor hulle;” of, “waar is die God van regverdige oordeel?”

Lees volledige hoofstuk Mal'akhi 2