Ou Testament

Nuwe Testament

Lied van Liedere 5:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het in my tuin gekom, my suster, my bruid, ek het my mirre saam met my speserye bymekaargemaak, ek het my heuningkoek geëet saam met my heuning, ek het my wyn saam met my melk gedrink. Eet, my vriende; drink, ja drink oorvloediglik, o my vriende.

2. Ek het geslaap, maar my verstand, wil en emosie was wakker. Dit is die stem van my vriend wat klop en sê: “Maak vir my oop, my suster, my vriendin, my skadelose duif, my volmaakte, want my kop is met dou gevul en my hare met die druppels van die nag.

3. Ek het my bo-kleed uitgetrek, hoe kan ek dit weer aantrek? Ek het my voete gewas, hoe kan ek dit weer vuilmaak?

4. My vriend steek sy hand deur die opening van die deur en ek het jammer gevoel vir hom.

5. Ek het opgestaan om vir my vriend oop te maak en my hande het mirre gedrup, ja en my vingers het mirre op die handvatsels van die slot gedrup.

6. Ek het vir my vriend oopgemaak, maar my vriend het homself teruggedraai en was weg; my lewe het gefaal toe hy praat; toe het ek hom gesoek, maar ek kon hom nie kry nie; ek het hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie.

7. Die wagte wat in die stad rondgaan het my gekry; hulle het my geslaan, my gewond; die wagte van die mure het my sluier van my af weggevat.

8. Ek smeek julle, dogters van Yerushalayim, as julle my vriend sou vind, vertel hom dat ek siek is na liefde.

Lees volledige hoofstuk Lied van Liedere 5