Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 8:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Moshe het Aharon en sy seuns laat naderkom en hulle met water gewas.

7. Hy het vir hom die kleed aangetrek, hom met die gordel omgord en vir hom die bokleed aangetrek; hy het ook vir hom die skouerstuk aangetrek en hom omgord met die geweefde band van die skouerstuk en daarmee die skouerstuk aan hom vasgebind.

8. Hy het toe vir hom die borsplaat aangesit en die Urim en die Tumim in die borsplaat gesit.

9. Hy het ook die tulband op sy kop gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die afgesonderde kroon, gesit, soos יהוה Moshe beveel het.

10. Moshe het die salfolie gevat en die Tent van Ontmoeting en alles wat daarin was, gesalf en dit afgesonder.

11. Hy het sewe keer daarvan op die altaar gesprinkel, die altaar gesalf en al sy bybehore, met die kom en sy voetstuk, om dit af te sonder.

12. Hy het van die salfolie op die kop van Aharon gegooi en hom gesalf om hom af te sonder.

13. Moshe het volgende die seuns van Aharon laat naderkom en vir hulle die klede aangetrek, hulle gegord met ’n gordel en vir hulle die tulbande omgebind soos יהוה Moshe beveel het.

14. Hy het die bul van die sondoffer laat naderkom en Aharon en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul van die sondoffer gelê.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 8