Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 7:25-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. want elkeen wat die vet eet van dié vee wat tot יהוה met vuur geoffer word, die persoon wat dit eet, moet van sy volksgenote afgesny word.

26. Julle mag ook géén bloed van voëls of van vee in enige een van julle blyplekke eet nie.Lev 3:17; Lev 17:10-14

27. Enige persoon wat enige bloed eet, dié moet van sy volksgenote afgesny word.’”

28. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

29. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘Hy wat aan יהוה sy vredesoffer bring, moet self aan יהוה die offer uit sy vredesoffer offer.

30. Sy eie hande moet die offers deur vuur tot יהוה offer: die vet met die bors moet hy bring; om die bors as waaioffer voor יהוה te waai.

31. Die priester moet die vet op die altaar in rook laat opgaan, maar die bors sal vir Aharon en sy seuns wees.

32. Julle moet ook die regterboud aan die priester gee, as bydrae vanuit julle vredesoffers.1 Sh'm 2:13-17; 1 Sh'm 28-31

33. Hy wat, vanuit die seuns van Aharon, die bloed en die vet van die vredesoffers offer, aan hom kom die regterboud toe, as sy deel,

34. want die bors van die waaioffer en die boud van die bydrae het Ek van die seuns van Yisra’el uit hulle vredesoffers gevat en dit aan Aharon, die priester en aan sy seuns gegee as ’n deel wat hulle vir ewig toekom vanaf die seuns van Yisra’el.’”

35. Dit is die deel van die salwing van Aharon en die deel van die salwing van sy seuns vanuit die offers wat met vuur gebring word tot יהוה, op die dag toe Hy hulle laat naderkom het om יהוה as priesters te dien.

36. יהוה het beveel dat dit aan hulle gegee sal word, vanuit die seuns van Yisra’el, op die dag toe Hy hulle gesalf het, as ’n ewige instelling regdeur hulle geslagte.

37. Hierdie is die wet vir die offer van die brandoffer, die graanoffer, die sondoffer, die oortredingsoffer, die aanstellingsoffers en die vredesoffer,

38. wat יהוה vir Moshe op die berg Sinai beveel het, op die dag toe Hy die seuns van Yisra’el in die wildernis van Sinai beveel het om hulle offers tot יהוה te offer.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 7