Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 27:17-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. As hy sy stuk land van die jubeljaar af afsonder, sal jou waardasie staan,

18. maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar afsonder, moet die priester vir hom die geld bereken volgens die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is en dit moet van jou waardasie afgetrek word.

19. As hy wat die stuk land afgesonder het, wil betaal om dit los te koop, moet hy ’n vyfde deel van die geld van jou waardasie daar bysit en dit sal vir hom bevestig wees.

20. As hy die stuk land nie losgekoop het nie, of as hy die stuk land aan ’n ander verkoop het, mag dit nie meer losgekoop word nie,

21. maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan יהוה afgesonder wees soos ’n toegewyde land; dit sal die besit van die priester wees.

22. As ’n man aan יהוה ’n stuk land afsonder wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,

23. moet die priester vir hom die bedrag van die waardasie tot die jubeljaar bereken en hy moet op dieselfde dag die waardasie gee as ’n afgesonderde gawe aan יהוה.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 27