Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 25:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat op die berg Sinai en gesê:

2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle in die land inkom wat Ek julle gee, moet die land ’n Shabbat hê vir יהוה.

3. Ses jaar lank moet jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrengs daarvan insamel,

4. maar in die sewende jaar moet daar vir die land ’n Shabbatsrus wees, ’n Shabbat vir יהוה; jy mag nie jou land saai of jou wingerd snoei nie.

5. Wat vanself groei van jou oes, moet jy nie afoes nie en die druiwe van jou onversorgde wingerdstok nie af sny nie, want dit is ’n jaar van rus vir die land.

6. Die Shabbat opbrengs van die land sal julle kos wees; vir jou, jou slaaf, jou slavin, jou huurling en die besoeker wat by jou bly,

7. vir jou vee en vir die wild wat in jou land is, sal die hele opbrengs wees om te eet.

8. Jy moet vir jouself sewe Shabbatjare tel, sewe maal sewe jaar en die dae van die sewe Shabbatjare sal vir jou nege en veertig jaar wees.

9. Dan moet jy die shofar (ramshoring) van die jubeljaar laat blaas in die sewende maand, op die tiende van die maand; op die dag van Toedekking moet julle die ramshoring deur die hele land laat blaas.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 25