Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 24:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Beveel die seuns van Yisra’el dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die lig moet bring, om die lamp voortdurend te laat brand.

3. Aharon moet dit buitekant die verdelingsgordyn van die Getuienis, in die Tent van Ontmoeting, voorberei om voortdurend van die aand tot die oggend voor die Teenwoordigheid van יהוה te brand. Dit is ’n ewige instelling regdeur julle geslagte.

4. Hy moet die lampe op die rein lampstaander voortdurend voorberei voor die Teenwoordigheid van יהוה.

5. Jy moet ook fyn meel vat en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes van ’n efa moet in elke koek wees

6. en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ’n stapel, op die rein tafel voor die Teenwoordigheid van יהוה.

7. Op elke stapel moet jy suiwer wierook sit, wat op die brood moet wees as ’n herdenking, as ’n offer deur vuur tot יהוה.

8. Op elke Shabbatdag moet hy dit as ’n ewige verbond, voortdurend voor die Teenwoordigheid van יהוה regsit, as geskenk vanaf die seuns van Yisra’el.

9. Dit sal as ’n ewige instelling vir Aharon en sy seuns wees, vanuit die offers, wat deur vuur gemaak word, tot יהוה: hulle moet dit in die Afgesonderde plek eet, want dit is iets volkome afgesonderd.”

10. Die seun van ’n Yisra’elitiese vrou, wie se man ’n Mitzrayiet was, het uitgegaan tussen die seuns van Yisra’el in en die seun van die Yisra’elitiese vrou en ’n Yisra’elitiese man het met mekaar baklei in die kamp

Lees volledige hoofstuk Levitikus 24