Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 23:3-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. vir ses dae lank mag julle werk, maar op die sewende dag is dit ’n Shabbat van volkome rus, ’n afgesonderde byeenkoms. Jy mag géén werk doen nie, dit is ’n Shabbat van יהוה, oral waar julle bly.Gen 2:3; Eks 20:10; Eks 31:14; Yes 58:13; Mat 12:8; Heb 4:9

4. Hierdie is die vasgestelde tye van יהוה, afgesonderde byeenkomste, wat julle moet verklaar in die tye wat vir hulle bepaal is.

5. Op die veertiende dag van die eerste maand, tussen die twee sonsondergange, is die Pesag tot יהוה

6. en op die vyftiende dag van dieselfde maand is die Fees van Ongesuurde Brode tot יהוה; sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet.

7. Op die eerste dag sal julle ’n afgesonderde byeenkoms hê; julle mag géén gewone werk doen nie.

8. Julle moet sewe dae lank ’n offer, deur vuur, tot יהוה bring. Op die sewende dag moet daar ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén gewone werk doen nie.’”

9. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

10. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrengs oes, moet julle ’n gerf van die eerste vrugte van julle oes na die priester bring.

11. Hy moet die gerf voor die Teenwoordigheid van יהוה waai, om vir julle aanvaar te word; op die dag ná die Shabbat moet die priester dit waai.

12. Op die dag as julle die gerf waai, moet julle ’n lam in sy eerste jaar, sonder gebrek, as brandoffer tot יהוה offer.

13. Sy graanoffer daarmee saam, moet twee tiendes van ’n efa fyn meel met olie gemeng wees, as ’n offer, deur vuur, gebring tot יהוה, ’n aangename geur en sy drankoffer moet ’n kwart hin wyn wees.

14. Julle mag geen brood of gebraaide graan of vars graan eet tot op daardie selfde dag dat julle die offer tot julle God bring nie. Dit is ’n ewige instelling vir al julle geslagte, oral waar julle bly.

15. Julle moet tel van die dag ná die Shabbat, van die dag af wanneer julle die gerf van die waaioffer bring, sewe Shabbatte moet voltooi wees;Hand 2:1

16. tot die dag ná die sewende Shabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ’n nuwe graanoffer tot יהוה bring.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 23