Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 21:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het vir Moshe gesê: “Praat met die priesters, die seuns van Aharon en sê vir hulle: ‘Niemand moet hom vir ’n dooie onder sy volksgenote onrein maak nie;

2. behalwe vir sy naby familie: vir sy moeder, sy vader, sy seun, sy dogter en sy broer;

3. asook vir sy suster wat ’n maagd is, naby aan hom, wat nie aan ’n man behoort het nie, vir haar mag hy hom onrein maak.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 21