Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 20:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Jy moet ook vir die seuns van Yisra’el sê: ‘Enige een uit die seuns van Yisra’el of uit die vreemdelinge wat in Yisra’el besoek, wat enige van sy kinders aan Molekh gee, moet tereggestel word tot die dood. Die volk van die land moet hom met klippe stenig.

3. Ek sal My gesig teen dié man draai en sal hom afsny onder sy volk uit, want hy het van sy kinders aan Molekh gegee om My Afgesonderde plek onrein te maak en My Afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit) te onteer.2 Kon 21:6; 2 Kon 23:10

4. As die volk van die land hulle oë toemaak om dit weg te steek wanneer dié man van sy kinders aan Molekh gee en hom nie doodmaak nie,

5. dan sal Ek My gesig draai teen dié man en sy familie en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Molekh aan te hoereer, afsny uit hulle volk uit.

6. As ’n persoon hom draai na bekende geeste en towenaars om agter hulle aan te hoereer, sal Ek My aangesig teen dié persoon draai en hom afsny uit sy volk uit.

7. Sonder julleself af en wees afgesonderd,1 Kef 1:15,16 want Ek is יהוה, julle God.

8. Hou My reëls en doen dit. Ek is יהוה, wat julle afsonder.

9. Elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet tereggestel word tot die dood. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloed sal op homself wees.Mar 7:10

10. As iemand owerspel pleeg met ’n ander man se vrou, owerspel pleeg met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel pleeg, tereggestel word tot die dood.Yog 8:5

11. Die man wat by sy vader se vrou lê, het die naaktheid van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet tereggestel word tot die dood. Hulle bloed sal op hulleself wees.

12. As ’n man by sy skoondogter lê, moet hulle altwee tereggestel word tot die dood. Hulle het ’n boosheid gedoen. Hulle bloed sal op hulleself wees.

13. As ’n man by ’n manspersoon lê soos ’n mens met ’n vrou doen, het hulle albei ’n verwerplike daad gedoen.Lev 18:22,23; Rom 1:26; 1 Kor 6:9; 1 Tim 1:10 Hulle moet tereggestel word tot die dood. Hulle bloed sal op hulleself wees.

14. As ’n man met ’n vrou en haar moeder trou, is dit ’n oortreding van die wet; hulle moet hom en dié twee saam, met vuur verbrand sodat daar geen immoraliteit onder julle is nie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 20