Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 19:19-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Julle moet My reëls hou. Jy mag nie jou vee met ’n ander soort kruisteel nie. Jy mag nie gemengde saad in jou akker saai nie en ’n bo-kleed van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.

20. En as ’n man seksuele gemeenskap het met ’n vrou wat as slavin aan ’n ander man beloof is, sonder dat sy ooit losgekoop is of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar straf wees, maar hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vry nie.

21. Hy moet sy oortredingsoffer aan יהוה bring by die ingang van die Tent van Ontmoeting; ’n ram as oortredingsoffer.

22. Die priester moet met die ram van die oortredingsoffer vir hom toedekking doen voor יהוה weens die sonde wat hy gedoen het en die sonde wat hy gedoen het, sal hom vergewe wees.

23. Wanneer julle in die land inkom en allerhande vrugtebome vir kos geplant het, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees. Dit mag nie geëet word nie,

24. maar in die vierde jaar is al hulle vrugte afgesonderd; ’n offer van lofprysing tot יהוה.

25. In die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet sodat hulle opbrengs vermeerder sal word aan julle. Ek is יהוה, julle God.

26. Julle mag niks, met sy bloed eet nie en julle mag nie toordery of toekomsvoorspellings doen nie.

27. Julle mag die rand van julle kophare nie rond afskeer nie en ook nie die rand van julle baarde skend nie.Lev 21:5

28. Julle mag geen snye in julle vlees maak ter wille van ’n dooie nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie.Deut 14:1,2 Ek is יהוה.

29. Moenie jou dogter onrein maak deur haar toe te laat in hoerery nie sodat die land nie in prostitusie verval en die land vol wetteloosheid word nie.

30. Julle moet My Shabbatte hou en My Afgesonderde plek respekteer. Ek is יהוה.

31. Julle sal nie na mediums draai en fortuinvertellers opsoek om deur hulle onrein gemaak te word nie. Ek is יהוה, julle God.

32. Jy moet opstaan voor dié met grys hare en die teenwoordigheid van ’n ou man eer1 Tim 5:1 en jy moet jou God respekvol vrees. Ek is יהוה.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 19